Tuesday, 28 October 2014
Sunday, 19 October 2014
Die Man met die Koffer
n Gedig deur Berna van Zyl
Vanoggend word ek wakker.
Daar is n gehammer aan die deur.
Ek sluit die voordeur oop.
Daar staan hy
Met sy koffer in sy hand,
Gedaan...
Meneer Verlange.
Ek huiwer vir n oomblik.
Moet ek hom inlaat?
Hy het seker net soveel reg om
hier te wees soos ek.
Ek nooi hom in.
“n Koppie koffie vir jou?”
Ons sit in ons nuwe sitkamer.
Ons kyk na mekaar met groot oe
vol trane.
Dit is ongemaklik.
Dit is seer.
Ek verskuif my blik na sy koffer.
“Wat is in jou tas?”
Hy haal n foto uit.
Dit is ek in my ouma se rok
Op my pa se plaas –
Of eerder:
Dit was ek in my ouma se rok
Op die plaas wat my pa sin was.
Ek vra hom om asb die foto terug
te vat.
Ek begin wonder...
“Het jy dalk my lapsker in daai
koffer?”
Erens langs die pad,
Die groot trek,
Het ek my lapsker verloor.
Hy herriner my dat die lapsker in
die boks is.
Die boks wat ek nog nie wil
uitpak nie.
Die boks wat lees:
‘Lapsker, kamera, Elle, passie,
talent...’
Met ander woorde
‘Verlede’.
Ek bid saggies en vra die Here:
“Asseblief hou díe boks in gedagte
wanneer U my toekoms beplan.”
Ons was n oomblik stil.
Toe vra hy my oor my nuwe
vriende.
“Is dit moontlik om so vinnig
lief te word vir mense?
Ek het niks,
My hande is leeg en my hart is
rou.
Al waavoor hulle kon lief word
was die Berna van nou.”
Ek kyk na hom.
Ek sien my eie emosies in sy oe.
Ek onthou die seer van vorige
vriendskappe.
Ek wil opstaan en die berge in
hardloop!
Maar dit is te laat.
Hierdie mense is klaar in my
hart.
“Hoe haal n mens negentien jaar
in?”
Ek wil my vriende aan hom voorstel,
Met die hoop dat hulle so my
verlede sal leer ken.
Maar hy sê nee.
Hy is hier,
Net vir my.
Hy sê met tyd sal hulle die
negentien jaar –
Die vorige negentien jaar deur my
leer ken.
Hy vra my oor die plaas.
“Dit was liefde met eerste
oogopslag.
Maar ek en Breedevlei ken mekaar
nog nie.
Ek moet nog baie kilometers stap,
Nog baie seisoene voel
En nog baie liters water drink
Voor ons werklik saam kan staan.”
Hy vra my oor die weer.
“Pappa se dit voel soos herfs,
Winderig en droog.
Dit is so.
My hart voel ook herfs.
Maar dit is asof my God belowe
dat somer oppad is.
Want dis Oktober,
(Die mooiste mooiste maad)
Dit is nou tyd vir lente.
Die eerste lente na sewe jaar se
winter.
Soos ons gesels begin die
negatiwiteit weg syfer.
Ek gooi nog n bietjie soet
heuning in my bitter koffie.
Hy vra nie meer vra nie.
Uit my eie uit begin ek vertel.
Hom vertel van al my nuwe
ervarings...
Bloukraanvoëls,
Stap op die strand,
Wyn leer ken,
Fynbos,
Stock cars,
Afrikanse musiek,
My eie taal op die plaas,
Tennis speel,
Winde in die Overberg,
Hoofstraat geluide...
Ek sluk die laste bietjie koue
koffie.
Toe ek opkyk
Met n glimlag wat nie wil los
nie,
Is hy weg.
Verlange is weg.
Die koffer vol herrineringe het
hy laat staan,
Asook sy vuil koffie beker.
Maar hy is weg.
Ek weet nie waarheen hy verdwyn
het nie.
Weet nie of hy weer terug sal kom
nie...
Tuesday, 7 October 2014
Tuesday, 16 September 2014
Arniston/Waenhuiskrans
Ons Saterdag oggend op Waenhuiskrans...
Ons het nie mooi geweet wat om te verwag van hierdie uitstappie nie. Ons het geweet dit sal mooi wees - maar ons het verseker nie SO baie pret verwag nie. Die seuns was maar bietjie traag om die All Blacks en die Bokke agter te laat vir n uitstappie see toe. Die honde was half verward toe hulle agter in die X-Trail gelaai word. Hulle was nog nooit tevore hierdie voorreg gegun nie.
Uit Napier, deur Bredasdorp, tjoef-tjaf en toe is ons in Waenhuiskrans. Ons het almal eers in ongeloof na mekaar gekyk en gevra: Is dit moontlik dat ons net 40 km van die see af kan woon? Dit is dan net so ver soos van Amsterdam Plaas af dorp toe!
Oom Leon het ons goed voorberei. Ons moes die volgende in pak:
- n skinkbord- wetwipes
- n skerp mes
Hy het verduidelik waar ons die vriendelike James agter die kafee toonbank kon kry, maar te gewillig om vir ons n Gatsby saam te vlans. Ons ruil ons R130 vir die een reuse Gatsby, drie bottletjies gaskoeldrank, twee botteltjies water (vir die honde) en vyf sjokalade stafies.
Op die strand vorm ons toe n sikel om die Gatsby (1) sodat ons die wind en sand weg kan hou en (2) sodat ons elkeen ons stukkie Gatsby met die hand kan bykom. Ons het almal ons volle porsie in, selfs die studente het hul slaptjips vir die week in gekry! Daarna het ons vingers afgelek en toe die vyf sjokaldes soos lootjies getrek. Die een wat ontevrede was met sy lekker moes maar soebat en smeek om om te ruil vir n ander een. Later het ons elkeen ons gunstelling gehad; met name soos Xone en Teo!
Na die fees gaan was mens jou hande in die koue sout see water.
Ons het gaan stap langs die strand met ons honde en lank gebak in die son. En klippies opgetel op die onbesoedelde strand. Mamma het n paar fotos geneem van die winkeltjies, eet plekkies en B&Bs wat sommer so uit die visserhuisies bedryf word. Volgende keer gaan ons beslis by Wileens se Arts & Crafts n 'meal' eet!
Daarna het ons in die kar geklim met sanderige voete en wind verwaaide hare , gevoed na liggaam en gees.
Thursday, 11 September 2014
Die tafel, die weerlig en die Koning van konings
My
vlees vra,
“Moet
nie te diep dink nie, Berna.
Moet
nie al die emosies en gedagtes probeer bewoord nie.
Rus
net.”
Maar,
al voel ek gedaan na ses maande se swaar dra aan my sewe sakke sout
Sing my
gees n gebed van dankbaarheid
n Pryslied aan Yahushua.
n Pryslied aan Yahushua.
“I
wouldn’t trade this piece of soil for all the riches of the world”
Was my
woorde,
November
twintig dertien.
Ek was
lief vir Amsterdam Plaas.
Ek
onthou die kombuis tafel –
Die put
van die plaas huis.
Daar
het ons menige gesprekke gevoer,
Die
toekoms beplan,
Kwaad
gevoelens tussen mekaar uitgestryk,
Moeilike
situasies deur gestoei,
Mekaar
geseen,
Vriende
gevoed,
En ek
weet God se engele het op die tafel gedans
Elke
keer as ons vars plaas produkte
In n
maaltyd – n FEESMAAL verwerk het;
Saam as
gesin daaraan gesmul het.
Ek
onthou die aand wat U vir MY gegee het.
Die aand
toe die weerlig
Op die
ritme van die donderweerlied gewals het.
Toe
Swaziland se hemel my teater was.
Ek was
alleen omring deur lewe.
U het
al my gedagtes en drome op gesnipper;
Oor my
gestrooi soos goue konfettie oor n bruid.
Net
daar het ek geweet my God is groot.
Dit was
groter as Amsterdam –
Dit was
Swaziland en sy koning
Dit was
die buurman se plaas
Dit was
Hlanganpisi en Heyshopedam
Dit was
die paleise en die shacks
Die
Afrikaner in my hart
Die
Zulu in my verlede
Die
bruin man in my toekoms
Almal.
Alles.
Het
voor die Koning gebuig.
182 dae
later
1135
myl van Swaziland af
150 bokse
tussen toe en nou
Vind ek
myself op n ander man se grond.
So lief
as wat ek vir Amsterdam was,
So lief
het ek vir Breedevlei geword.
Die
verlange na Amsterdam het nog nie opgedaag nie.
Ek weet
ook nie of dit gaan nie.
Nou
weet ek dat díe
stukke grond n klein part in n merske masjien is.
Die Een
wat die weerlig wals op Amsterdam gediregeer het
Is die
Een wat heers oor Breedevlei.
Is die
Een was díe water
uit die aarde laat vloei.
Is die
Een wat díe
berge so geplaas het om n breede vlei te vorm.
Is die Een wat
hierdie juweel weggesteek het.
Is die Een wat
besluit het om my die vooreg –
Die
ONVERDIENDE vooreg te gun om vandag hier te mag staan.
Hy is
die Koning van die heelal wat in my leef.
Yahushua
is my enigste hoop.
Dankie
Vader.
Ek sal
hierdie stukkie grond waardeer, koester, oppas, lief he...
Tot die
dag wat U my anders opdrag gee.
Deur Berna van Zy,l 9 September 2014
(Weerliglied: The blur, the line and the thickest of onions deur Little Comets)
Subscribe to:
Posts (Atom)





























