Tuesday 16 September 2014

Arniston/Waenhuiskrans



Ons Saterdag oggend op Waenhuiskrans...

Ons het nie mooi geweet wat om te verwag van hierdie uitstappie nie. Ons het geweet dit sal mooi wees - maar ons het verseker nie SO baie pret verwag nie. Die seuns was maar bietjie traag om  die All Blacks en die Bokke agter te laat vir n uitstappie see toe. Die honde was half verward toe hulle  agter in die X-Trail gelaai word. Hulle was nog nooit tevore hierdie voorreg gegun nie. 

Uit Napier, deur Bredasdorp, tjoef-tjaf en toe is ons in Waenhuiskrans. Ons het almal eers in ongeloof na mekaar gekyk en gevra: Is dit moontlik dat ons net 40 km van die see af kan woon? Dit is dan net so ver soos van Amsterdam Plaas af dorp toe!

Oom Leon het ons goed voorberei. Ons moes die volgende in pak:
- n skinkbord
- wetwipes
- n skerp mes
Hy het verduidelik waar ons die vriendelike James agter die kafee toonbank kon kry, maar te gewillig om vir ons n Gatsby saam te vlans. Ons ruil ons R130 vir die een reuse Gatsby, drie bottletjies gaskoeldrank, twee botteltjies water (vir die honde) en vyf sjokalade stafies. 

Op die strand vorm ons toe n sikel om die Gatsby (1) sodat ons die wind en sand weg kan hou en (2) sodat ons elkeen ons stukkie Gatsby met die hand kan bykom. Ons het almal ons volle porsie in, selfs die studente het hul slaptjips vir die week in gekry! Daarna het ons vingers afgelek en toe die vyf sjokaldes soos lootjies getrek. Die een wat ontevrede was met sy lekker moes maar soebat en smeek om om te ruil vir n ander een. Later het ons elkeen ons gunstelling gehad; met name soos Xone en Teo!

Na die fees gaan was mens jou hande in die koue sout see water.

Ons het gaan stap langs die strand met ons honde en lank gebak in die son. En klippies opgetel op die onbesoedelde strand. Mamma het n paar fotos geneem van die winkeltjies, eet plekkies en B&Bs wat sommer so uit die visserhuisies bedryf word. Volgende keer gaan ons beslis by Wileens se Arts & Crafts n 'meal' eet!  

Daarna het ons in die kar geklim met sanderige voete en wind verwaaide hare , gevoed na liggaam en gees.








2 comments:

  1. bietjie mosterd na DIE!! maal --- volgende keer wil ek ook saam gaan -- maak gladnie saak waar ons vir die "meal" aandoen nie. Hoop daar is nog van daai sjokolades ??!!

    ReplyDelete
  2. ek kon dit net annoniem gestuur kry ---is Ekke uit die Paarl wat wil saamgaan xxxx

    ReplyDelete