Tuesday 2 September 2014

Die Klein Trek


Die Klein Trek
n 'update' van ons lewens storie deur Berna van Zyl 


Op die 27ste Augustus het ons die pad gevat Kaap toe. Ons het met twee voertuie gery. Pa en Oom Jan in Oupa se bakkie met die groot sleepwa en ek en Ma in die X-trail met die venter waantjie. Ons het so lank ons breekware, beddegoed en n paar bokse getrek. Ons het dwarsdeur die nag gery en die volgende oggend was ons in die pap-sop-winter-water-nat Kaap.

Ons het die groot wa met die plaasgoed op, gaan aflaai op Breedevlei en toe Onrus toe gery. Die dag was koud en die wind het gewaai. Ons het gerus na die lang uitputende nag van ry ry ry. 

Vrydag het ons ons moe lywe in die kar gelaai en Bredasdorp toe gery vir die Cape Floral Kingdom Expo. Wat n belewenis. Dit was so mooi en groot en BAIE dat ons naderand gewonder het of hier nog plek is vir die ou van Zyls. Gelukkig is dit in die Here se hande.

Die lekkerste van die Expo was Antoinette Pienaar en Oom Johannes van Kruie Kraai Koning. Ons het baie geleer oor die kanker bossie en die aartappel en die erdvark... mis.

Saterdag het die seuns, Wian en Bongumusa, by ons aangesluit. Ons het Gaansbaai om Napier toe gery. Dit was so lekker om ons nuwe wereld bietjie beter te leer ken. 
In Napier het ons na ons huur huis gaan kyk. Die huis is in 1927 gebou. Die deure is net soos die ou Amsterdam huis sin en die huisie het hout skuif-raam vensters. Die hartseer deel is dat die plankvloere bedek is met dik grillerige matte, en die stoepie is toe gebou. Ma wil natuurlik net die pragtige ou huis restoreer terug no sy 1927 glorie toe. Ons is bevooreg om so n mooi uitsig oor die hele dorpie te he, al is dit van n toe geboude stoep af. Ons trek Saterdag in. 'House warming gifts' is welkom!

Toe is ons uit plaas toe. Breedevlei was mooier as ooit te vore maar ons het weer besef dat ons nie gaan sit en tone tel nie - ons gat WERK. Ons het vier skilpaaie gesien en die bobajane agter in die kom gehoor. Ek het my eerste blommetjie geidentifiseer met hulp van my nuwe Fynbos boek: die Watersterretjie wat in die nat kolle groei.

Sondag het ons Oom Jan se verjaarsdag gevier. Talita en Carina het van Stellenbosch af gekom om saam met ons die dag te geniet. Ons het lui lekker langs die see in die son gesit/le en al langs die see gestap. Toe is ons Hermanus toe om by die nuwe hawe iets te gaan eet. Dit was n heerlike lekker dag met pragtige blou lug en geen wind nie.

Maadagoggend vertrek Pa, Ma en Oom Jan weer terug Piet Retief toe. Ek en Wian kuier die week n bietjie in die Kaap tot dat die groot treklorrie Saterdag in Napier stop - Dan begin n nuwe vase van ons lewe.

...

Die Vrede grondpad
Ganola lande tussen Caledon en Napier
Breedevlei
Die Cape Floral Kingdom Expo
Ons rus in Onrus

1 comment: